More info
Paperback. Queillerie. 1996. In good condition.
Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australie toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n beheerste proses van heroiese afmetings konfronteer Konstant, en le hy af: elke vriendksap en verwantskap, sy sinnelike liefde vir die lewe, en, in 'n geiinspireerde deurgang, uiteindelik die lewe self. Afrikaans