View larger

Die Verdrinking Van Josua Van Eden

Diedericks-Hugo, Carina

Used

OBZ: Afrikaans Fiction

More details

1 Item

Warning: Last items in stock!

R115

Add to wishlist

More info

Josua is 17 en in graad 11. Sy gesin woon in Stellenbosch waar sy vader aan die universiteit doseer en sy moeder, ten spyte van haar wetenskapsgraad die huishouding behartig, haar man ondersteun, kook en die kinders gootmaak. Joshua het 'n suster en 'n broer. Beatrix (gr. 10) is goeie geselskap en Markus (gr. 8) is die rekenaarfundi en 'n beterweterige parmant. Toe 'n gesinsvriend vra of sy dogter by die Van Edens mag bly terwyl hy en sy vrou afsit na Dubai om geld te maak, kan hulle pa nie nee se nie, en so trek Titiana (gr. 10) in. Joshua, wat sy lewe doodgewoon en vervelig vind, is gefassineer deur Titiana wat so kom en gaan soos sy wil, eet soos sy lus het en wat 'n ring deur haar tong dra. Deur haar, wat ook 'n rekenaarkop is, raak hy betrokke by RPG (role-playing games), waar instruksies via e-pos of smse ontvang word. 'n Gevoel van dreigende onheil kom oor die storie. Wanneer dit blyk dat die spelmeester die hele tyd Markus was en dat Joshua se klasmaats ook deel van die speletjie was, is Joshua woedend. Hy voel verraai en verneder. Maar sy beste vriend Coenie voel weer beledig dat Joshua hom nie vertrou nie. Die storie einding waar Coenie 'n pistool afvuur.

Softcover. Afrikaans. Umuzi. 2011. ISBN: 9781415200650. 118 pp. Good, inscription inside. Book No: 64456

Reviews

No customer reviews for the moment.

Write a review

Die Verdrinking Van Josua Van Eden

Die Verdrinking Van Josua Van Eden

OBZ: Afrikaans Fiction

30 other products in the same category: